Baie welkom aan alle nuwe intrekkers.
Ons wil vra dat u asseblief die vorm hier sal aflaai en invul. U kan dit of vir die kerkkantoor epos of kerkkantoor toe bring.
Die huisbesoek vind sporadies plaas soos tyd en beskikbaarheid dit toelaat. Indien u huisbesoek verlang neem asseblief die vrymoedigheid om die predikant te skakel.
Die hospitale hou nie almal meer boek van die pasiënte se kerke nie. Daarom wil ons u asseblief vra om die predikant of kerkkantoor in kennis te stel as u siek is of hospitaal toe gaan. Ons wil u graag besoek.
Indien u in die huwelik bevestig wil word, moet u asseblief met die predikant skakel om seker te maak sy is op die betrokke datum beskikbaar. Afsprake vir voorhuwelikse sessies sal met die predikant gereël word. Laai asseblief die vorm af en bring dit volledig saam met u eerste besoek.
Begrafnisse moet asseblief met die predikant en die kerkkantoor gereël word.
Ons gemeente beskik oor ’n gedenkmuur.
Die beskikbaarheid van grond vir nuwe begraafplase, asook vandalisme en sekuriteit in huidige begraafplase, het die vraag na alternatiewe wyses waarop ons stoflike oorskot nagelaat kan word, laat ontstaan. Die gedenkmuur is so ’n alternatief.
Die reg tot die plasing van ‘n kissie in die gedenkmuur kan gekoop word, en sodoende word nissies gereserveer. Oudergewoonte kan man en vrou en selfs familie-nissies langs mekaar gegroepeer word. Die granietteël word vooraf of later gegraveer met die gestorwene se besonderhede soos verlang. Besoeke aan die gedenkmuur sal altyd moontlik wees, en só sal daar dan ook voorsiening gemaak word vir plasing van vars blomme.
Om ’n nissie te bespreek asseblief skakel met die Kerkkantoor.
Hierdie groepie is vir alle mammas met pasgebore babas of jong kleuters. Die doel van die groep is om die moeders geestelike en emosioneel te ondersteun en mekaar se stories te hoor en te deel.
Dit behels die reël van gemeentelede wat kerkgangers Sondae oggende by die deur groet. Mens wat nuwe intrekkers besoek, asook die besoek aan siek gemeentelede saam met die leraar.
Gebedskamer is ingeruim om gemeentelede die spasie en geleentheid te gee om as gelowiges bymekaar te kan kom en saam te bid. Gebedsversoeke kan ook ingedien word.
Verskaf daagliks toebroodjies aan ons Laerskool.
Die vroue is verantwoordelik vir sekere pligte in die gemeente soos teeskink en blomme vir die erediens.
Help in die kantoor om databasis op datum te kry, afrol werk en kommunikasie in die toekoms.
Leer peuters en kleuters op kreatiewe maniere meer van Jesus.
Verryk die eredienste met sang- of musiektalent.
Hanteer alle klank- en beeldtoerusting tydens eredienste en ander gemeentelike byeenkomste.
Kommunikeer met sendelinge en sending organisasies wat ons gemeente ondersteun.
Neem dankoffers tydens die eredienste op, wys oop plekke aan en help met die voorbereiding, bediening en opruiming van die Nagmaalfees.
Die Kommunikasiekomitee ontwikkel en implementeer 'n kommunikasiestrategie en bestuur die korporatiewe identiteit.
Die Logistieke komitee is verantwoordelik vir die ontwikkeling, instandhouding en bestuur van die gemeente se vaste eiendom, ander bates en sekuriteit
Die jeugkomitee is verantwoordelik vir die ontwikkeling, instandhouding en bestuur van die gemeente se jeugaktiwiteite
Die Personeelkomitee is verantwoordelik om ’n personeelstruktuur met die gepaardgaande dienskontrakte, posbeskrywings en salarisskale te ontwikkel en in stand te hou.
Die Finansiële komitee beplan en bestuur die begroting van die gemeente.