NG Kerk Suikerbos - Bedieninge

WORD DEEL vAN ONS
GEMEENSKAP

PREDIKANTE BEDIENINGE

Nuwe Intrekkers

Baie welkom aan alle nuwe intrekkers.

Ons wil vra dat u asseblief die vorm hier sal aflaai en invul. U kan dit of vir die kerkkantoor epos of kerkkantoor toe bring.

Huisbesoek & Siekebesoek

Die huisbesoek vind sporadies plaas soos tyd en beskikbaarheid dit toelaat. Indien u huisbesoek verlang neem asseblief die vrymoedigheid om die predikant te skakel.

Die hospitale hou nie almal meer boek van die pasiënte se kerke nie. Daarom wil ons u asseblief vra om die predikant of kerkkantoor in kennis te stel as u siek is of hospitaal toe gaan. Ons wil u graag besoek.

Huweliksbevestiging

Indien u in die huwelik bevestig wil word, moet u asseblief met die predikant skakel om seker te maak sy is op die betrokke datum beskikbaar. Afsprake vir voorhuwelikse sessies sal met die predikant gereël word. Laai asseblief die vorm af en bring dit volledig saam met u eerste besoek.

Begrafnisse/Roudienste

Begrafnisse moet asseblief met die predikant en die kerkkantoor gereël word.

Ons gemeente beskik oor ’n gedenkmuur.

Die beskikbaarheid van grond vir nuwe begraafplase, asook vandalisme en sekuriteit in huidige begraafplase, het die vraag na alternatiewe wyses waarop ons stoflike oorskot nagelaat kan word, laat ontstaan.  Die gedenkmuur is so ’n alternatief.

Die reg tot die plasing van ‘n kissie in die gedenkmuur kan gekoop word, en sodoende word nissies gereserveer. Oudergewoonte kan man en vrou en selfs familie-nissies langs mekaar gegroepeer word. Die granietteël word vooraf of later gegraveer met die gestorwene se besonderhede soos verlang. Besoeke aan die gedenkmuur sal altyd moontlik wees, en só sal daar dan ook voorsiening gemaak word vir plasing van vars blomme.

Om ’n nissie te bespreek asseblief skakel met die Kerkkantoor.

Doop

Alle ouers wat wil doop moet asseblief ’n afspraak met die predikant maak vir doopgesprekke. Laai asseblief die vorm af en bring dit saam met u eerste besoek. Doop vorm kan afgelaai word:

GEMEENTE BEDIENINGE

Moeder-groep – 

Hierdie groepie is vir alle mammas met pasgebore babas of jong kleuters. Die doel van die groep is om die moeders geestelike en emosioneel te ondersteun en mekaar se stories te hoor en te deel.

Gasvryheid – Ilza du Preez

Dit behels die reël van gemeentelede wat kerkgangers Sondae oggende by die deur groet. Mens wat nuwe intrekkers besoek, asook die besoek aan siek gemeentelede saam met die leraar.

Gebedskamer – Pieter Marais

Gebedskamer is ingeruim om gemeentelede die spasie en geleentheid te gee om  as gelowiges bymekaar te kan kom en saam te bid. Gebedsversoeke kan ook ingedien word.

Laerskool Suikerbos Toebroodjieprojek

Verskaf daagliks toebroodjies aan ons Laerskool.

Vrouebediening-Isabel Jordaan

Die vroue is verantwoordelik vir sekere pligte in die gemeente soos teeskink en blomme vir die erediens.

Administratief

Help in die kantoor om databasis op datum te kry, afrol werk en kommunikasie in die toekoms.

Kleuterkerk – Monique van Staden

Leer peuters en kleuters op kreatiewe maniere meer van Jesus.

Musiekbediening - Ingrid van Zweel

Verryk die eredienste met sang- of musiektalent.

Tegnies – Jacques Pienaar

Hanteer alle klank- en beeldtoerusting tydens eredienste en ander gemeentelike byeenkomste.

Sending – Craig Platt

Kommunikeer met sendelinge en sending organisasies wat ons gemeente ondersteun.

Eredienshulp – Benno Marais

Neem dankoffers tydens die eredienste op, wys oop plekke aan en help met die voorbereiding, bediening en opruiming van die Nagmaalfees.

KOMITEES

Kommunikasie

Die Kommunikasiekomitee ontwikkel en implementeer 'n kommunikasiestrategie en bestuur die korporatiewe identiteit.

Logistiek

Die Logistieke komitee is verantwoordelik vir die ontwikkeling, instandhouding en bestuur van die gemeente se vaste eiendom, ander bates en sekuriteit

Jeug

Die jeugkomitee is verantwoordelik vir die ontwikkeling, instandhouding en bestuur van die gemeente se jeugaktiwiteite

Personeel

Die Personeelkomitee is verantwoordelik om ’n personeelstruktuur met die gepaardgaande dienskontrakte, posbeskrywings en salarisskale te ontwikkel en in stand te hou.

Finansies

Die Finansiële komitee beplan en bestuur die begroting van die gemeente.

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram