NG Kerk Suikerbos - Oor ons

DIEN DIE WERELD OM ONS

GESKIEDENIS

WIE IS ONS

NG Kerk Suikerbos is op 30 September 1985 is daar ’n vergadering gehou met die Ringskommissie van Vereeniging in die kerkgebou van Drie Riviere-Oos. Die 3 primariuslede van die Ringskommissie, naamlik di. JB Haasbroek, CF Marais en HM Janse van Rensburg was teenwoordig, sowel as gemeentelede wat binne die voorgestelde grense woon van die nuwe gemeente wat in die Kerkbode van 4 September 1985 opgeroep is na die stigtingsvergadering.

Ds. Haasbroek het bekend gemaak dat sekere voorbereidende stappe met die oog op afstigting reeds afgehandel is. Afstigtingsvorms is reeds gedurende Maart 1985 gesirkuleer. 97% van die lidmate was ten gunste van afstigting en op 22 April 1985 het dit vir goedkeuring voor die Kerkraad gedien. [Bep. 26.6.1] ’n Aanbeveling is voor die Ring gelê en in 1985 is verlof gegee tot afstigting. Op die vergadering van 30 September 1985 is besluit op die naam van die gemeente naamlik, DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE GEMEENTE/KERK, SUIKERBOS. Ds. CF Marais is deur die Ringskommissie benoem as konsulent [Bep. 26.9.2] Die eerste kerkraadslede is ook verkies (20 ouderlinge en 20 diakens) Gemeentegrense is ook tydens die vergadering vasgestel met 173 besoekpunte.

Op die vergadering van 14 Oktober 1985 is daar gestem dat Ds. G. Doyer van N G Gemeente Driehoek na Suikerbos beroep word. Hy het nie die beroep aangeneem nie en op ’n beroepingsvergadering gehou op 3 November 1985 is daar gestem dat ds. J. Louw van Unitaspark beroep word. Op 19 Januarie 1986 het ds, Louw sy demissie by Unitaspark Gemeente ontvang en vanaf diè datum is hy die verantwoordelikheid van Suikerbosgemeente. Ons het vir 4 jaar lank van die skoolsaal van Laerskool Suikerbos gebruik gemaak om kerk te hou en ds. Louw se besvestiging, intreepreek en ontvangs het daar plaasgevind op Sondag 26 Januarie 1986.

vier SAAM MET ONS

Die volgende kommissies is goedgekeur

1. Kommissie vir ampsbediening en Evangelisasie met addisionele opdrag Leer & Aktuele Sake.
2. Kommissie vir Diens van Barmhartigheid.
3. Kommissie vir Finansies.
4. Kommissie vir Eiendom en Beplanning.
5. Kommissie vir Jeug.
6. Kommissie vir Sending en Skakeling
7. Dagbestuur van die Kerkraad.

Verdere inligting

· Die gemeente is gestig op 1 Oktober 1985.
· In gebruikneming van gebou was op 22 Oktober 1988.
· Eerste leraar was ds. JJ Louw – bevestig op 26 Januarie 1986. Hy was leraar van Suikerbosgemeente en ontvang sy Akte van Demisie op 17 Januarie 2010.
· Op ’n kerkraadsvergadering gehou op 23 Mei 2010 word ds. Nicole Hamman-Forrest per geslote stembrief met volstrekte meerderheid verkies as leraarvan NG Kerk Suikerbos.
· Ons gemeente is ook betrokke by Qhobosheaneng Gemeente.
· Vrouediens – verskillende projekte word aangebied.

GESKIEDENIS

DIE voordele om byons kerk aan te sluit

vind vervulling en vreugde
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore et dolore magna aliqua. Ut enim ad minim veniam, quis nostrud exercitation ullamco laboris nisi ut aliquip ex ea commodo consequat. Duis aute irure dolor in reprehenderit.
gedeelde waardes

liefdadigheidsgeleenthede

Almal is welkom

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram