Jesus: Die Weg, die Waarheid en die Lewe

Jesus: Die Weg, die Waarheid en die Lewe

Louise Gevers

Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie." Johannes 14:6

Die afgelope maand het ons besin oor wie Jesus is en oor die belangrikheid van sy lewe, dood en opstanding vir ons lewens. Vandag kyk ons na sy belangrikheid in die wêreld.

Toe Tomas vir Jesus gesê het: "Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?” (Johannes 14:5) het hy eintlik 'n vraag gevra wat betrekking het op alle mense, Jesus het dit baie duidelik gestel dat Hy die weg, die waarheid en die die lewe is en dat Hy die enigste weg na die Vader is. Hy is nie een van baie weë om van te kies nie, maar die enigste weg. Die vroeë kerk het hierdie konsep goed verstaan soos ons in Handelinge 9:2 (1933/1953-vertaling) lees wanneer Paulus (Saulus) bekendstellingsbriewe aan die sinagoges vra " sodat as hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring."

Wat die waarheid betref het ons reeds besin oor die wonderlike realiteit dat Jesus na hierdie wêreld gekom het "vol genade en waarheid". (Johannes 1:14) Dit is nie moeilik om te verstaan dat hierdie sentraal staan tot die essensie van wie Jesus is nie. Waarheid is iets wat in die lig ondersoek word en nooit in die donkerte nie, Jesus as die Lig van die wêreld verpersoonlik waarheid; diegene wat ander bedrieg moet wegbly van die lig want hulle, en hulle dade, sal nie 'n noukeurge ondersoek kan deurstaan nie. Ons kan maar net na al die skandale rondom ons kyk om dit te bevestig.

Die waarheid beïnvloed ook die manier hoe ons dinge wat 'n invloed op ons het, waardeer. Ons moet leuens, korrupsie en bedrog daadwerklik verwerp en dit geen plek in ons lewens gun nie. Paulus sê: "en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak." (Efesiërs 5:11) Hierdie dinge sal nooit die toests van die waarheid deurstaan nie so ons moet nie mislei word nie. Ons mag wel soms mislei word, maar as ons vashou aan die waarheid sal dit in die einde oorwin. Toe Hy voor Pilatus verskyn het, het Jesus vir hom gesê: "Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê.” (Johannes 18:37) en Jesus het die Jode beloof "wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” (Johannes 8:31-32) Die wêreld moet deur die waarheid vrygemaak word.

Jesus verpersoonlik en is inderdaad die bron van alles wat liefde is, wat goed, edel en eerlik is in hierdie wêreld, en Hy is die sleutel tot die ewige lewe vir almal wat in Hom glo. Behalwe deur Hom is daar geen ander weg tot God nie. Laat ons ons altyd herinner om die oog gevestig [te hou] op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof." (Hebreërs 12:2) en deur dit te doen ons gedagtes te rig op die Een wat  "… waar, … edel … reg,  … rein, … mooi, [en] prysenswaardig is." (Filippense 4:8)

Die Here seën jou.

Gebed: Liewe Vader, baie dankie dat ek weet Jesus is die weg, die waarheid en die lewe. Maak my asseblief vry deur die Waarheid. Amen

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram