Laat die kindertjies na my toe kom

Laat die kindertjies na my toe kom

Neville Turley

Die mense het kindertjies na Hom toe gebring dat Hy hulle die hande moet oplê en vir hulle moet bid. Sy dissipels het met hulle daaroor geraas. Maar Jesus het gesê: “Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.”  Matteus 19:13-14

Môre herdenk ons Menseregtedag in Suid-Afrika. Dit is 'n geskikte tyd om oor die welstand van kinders in ons land en in die wêreld te besin.

Ons leef in 'n sondebevlekte wêreld waar ontelbare kinders deur die eeue heen gely het.  Die baba Jesus self, is net van 'n geweldadige dood gered omdat Josef na die waarskuwing van die engel geluister het en met die baba en Maria na Egipte gevlug het.

Die misbruik en mishandeling van kinders duur voort. Ons lees van kinders wat slagoffers van burgeroorloë is, van kindersoldate, kinderprostitute en van mense wat met kinders handel dryf. Die lys van hierdie barbaarse wreedhede wat teen kinders gepleeg word, blyk eindeloos te wees.

Die polisie in Suid-Afrika rapporteer dat verlede jaar, in een van ons provinsies, 40% van verkragtingslagoffers jonger as 17 jaar was.

In sommige patriargale samelewings is vrouens ondergeskik aan mans en kinders word as 'n nog laer klas beskou. Die geloof dat kinders gesien en nie gehoor moet word nie, word in die oordrewe trap uitgeleef.  Die gesindheid teenoor kinders moet verander.

'n Pragtige voorval in die Bybel illustreer net hoe diep ons Verlosser se liefde vir kinders is.

Mense het kinders na Jesus toe gebring en gevra dat Hy hulle moet seën en vir hulle moet bid.  Die dissipels het die mense berispe miskien omdat hulle bekommerd was oor Jesus se werklas.

Jesus was egter baie beslis – "Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.”

Ons, volwassenes, is verantwoordelik vir die welsyn van alle kinders, en veral vir diegene wat aan ons onmiddellike sorg toevertrou is. Dit is 'n groot voorreg, maar 'n ontsaglike verantwoordelikheid.

Ons kan begin om elke dag vir hulle te bid en ons Hemelse Vader te vra om hulle te seën en te beskerm Ons kan dit bid in die wete dat God se liefde is onbeperk en vir ewig.

Gebed: Here, help ons deur u Heilige Gees om die verantwoordelikhede teenoor die kinders wat U aan ons toevertrou het, na te kom. Ons bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram